genoeg vir 6 – 8

• 1½ liter water

• 300 g (375 ml) suiker

• 15 ml botter

• 5 ml fyn kaneel

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 15 ml bakpoeier

• 1 ml sout

• 30 ml ongesoute botter

• 2 eiers, geklits

• 125 ml melk

Verhit oond tot 260 °C of die hoogste stelling op jou oond. Gooi die water, suiker, botter en kaneel in ’n plat kastrol. Bring tot kookpunt en roer tot suiker opgelos het. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Vryf die botter in met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eiers en melk saam en voeg by droë bestanddele. Maak aan tot deeg. Skep eetlepelsvol deeg in warm stroop in die kastrol en maak kastrol toe met deksel. Plaas in warm oond en bak 40 minute. Haal uit en sit warm voor. Poppie se wenk Ek gebruik altyd ongesoute botter, want botter met sout maak vir my ’n gereg net souter.