• 1 x 250 g-houer mascarpone

• 1 vanielje-peul, saadjies verwyder

• 60 ml strooisuiker

• 15 ml Frangelico

• 10 Boudoir-beskuitjies

• 180 g donkersjokolade, gesmelt

Klits die mascarpone, vanielje-saadjies, strooisuiker en Frangelico tot sag en glad. Sny Boudoir beskuitjies in lengte deur en bedek die een helfte met sjokolade. Skep mascarpone-vulsel op die ander helfte van die beskuitjie. Plaas die twee helftes opmekaar en sit voor met espresso.

Wenk: Nadat jy die sjokolade gesmelt het, gooi ’n paar druppels kanola-olie by om dit ’n blink voorkoms te gee