(genoeg vir 30 cm-koek)

  • 2 x 280 g-madeira-koek
  • 120 ml baie sterk koffie
  • 4 eiergele
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 4 x 250 g-houer mascarpone
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 120 ml kakaopoeier
  • 12 vars vye

Plaas die ring van ’n 30 cm-losboomkoekpan op ’n opdienbord. Krummel koek in ’n voedselverwerker tot growwe krummels. Gooi koffie by en meng tot klam mengsel. Skep helfte van mengsel in koekpan en druk stewig vas met eetlepel se agterkant. Plaas eiergele en strooisuiker in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot lig en skuimerig. Skep mascarpone lepel vir lepel by terwyl menger loop, tot mengsel dik en skuimerig is. Meng vanielje by. Skep helfte van mengsel op koek-kors en smeer eweredig. Sif helfte van kakao oor en skep oorblywende krummels bo-op. Skep res van mascarpone-mengsel bo-op en smeer gelyk. Sif kakao oor en plaas in yskas vir 2 – 3 uur of tot gestol. Haal ring versigtig af en sit voor met vars vye of enige ander vrug van jou keuse.