Genoeg vir 1 liter

• 7 eiergele (hou die witte vir die meringue-koek wat volg)

• 200 g (250 ml) suiker

• 15 ml mielieblom

• 750 ml laktosevrye melk

• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap

Klits eiergele, suiker en mielieblom saam tot glad in ’n mengbak. Plaas melk en vanieljesaadjies in ’n pot en bring tot kookpunt. Gooi warm melk oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot en roer oor lae hitte tot dit verdik, sowat 5 – 8 minute. Hou aan roer tot mielieblom gaar is – moenie die mengsel kook nie, dit sal skif.Gooi warm mengsel in ’n glasbak en plaas kleefplastiek direk op oppervlak van vla om te keer dat ’n vel vorm. Sit voor saam met poeding.