12 roomyse

• 100 g bevrore frambose

• 2 liter vanielje-roomys

• 4 boksies (150 g elk) witsjokolade- sirkels

Moenie die bessies ontdooi nie. Kap hulle fyn in ’n voedselverwerker. Skep roomys in

vormholtes tot halfvol. Skep ’n laag van die fyn bessies in en skep nog roomys boop. Skraap roomys gelyk en plaas terug in vrieskas. Laat heeltemal hard vries. Smelt

witsjokolade-sirkels oor kastrol met kookwater. Gooi sjokolade in diep beker. Haal roomyse uit vorm en doop onmiddellik in witsjokolade. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en sit terug in vrieskas. Wanneer die sjokolade hard is, kan jy elke roomys in kleefplastiek toedraai.

Wenk: As jy nie een van die roomysvorms het nie, kan jy dit in leë jogurtbakkies maak. Druk die roomysstokkies in net voor die roomys heeltemal hard is.