genoeg vir 24 koekies

• 80 g botter

• 40 ml heuning

• 40 ml gouestroop

• 5 ml karamelgeursel

• 70 g (90 ml) sagte bruinsuiker

• 240 g (430 ml) bruismeel

• 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter, heuning, stroop, geursel en suiker saam oor lae hitte.Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Gooi in groot mengbak en voeg meel by.Meng goed tot stywe, hanteerbare deeg.Draai in kleefplastiek toe en laat rus vir 25 – 30 minute of tot koud in yskas. Rol deeg op meelbestrooide werkvlak uit tot sowat 3 mm dik. Gebruik 3 cm-koekiedrukker met kartelrand en sny sirkels uit deeg. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 10 – 12 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Skep kondensmelk in spuitsak en spuit klein bietjie kondensmelk op helfte van koekies. Plaas tweede koekie bo-op elk en druk stewig vas. Sit voor.