Wat is 'n volmaakte somerdag sonder roomys! Hierdie weergawe is so lekker dat selfs mense wat suiwel kan eet, sal saamsmul. Ongevries kan dit ook as vla voorgesit word.

(genoeg vir 10)

• 1 vanieljepeul of 10 ml vanieljegeursel

• 8 eiergele

• 210 g (250 ml) strooisuiker

• 1 x 400 ml-blik klapperroom

• 1 x 400 ml-blik klappermelk

• 250 g fyn klapper, gerooster tot bruin in warm pan

Plaas vanieljesaadjies, eiergele en suiker in middelslag-mengbak. Klits tot lig en skuimerig. Bring room en melk tot kookpunt oor medium hitte. Voeg by eiermengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot. Verlaag hitte en roer met houtlepel tot die mengsel die agterkant van ’n lepel bedek. Laat afkoel tot yskoud. Gooi mengsel in ’n vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Klits elke 10 minute liggies. Hou so aan tot die mengsel romerig en gevries is. Smeer netjies plat en laat sowat 2 uur in vrieskas om heeltemal hard te word. Skep balle roomys en rol in geroosterde klapper. Sit voor.