(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 500 g baba-varkworsies (chippolata)
  • 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 2 blikke (400 g elk) borlotti-bone, gedreineer
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 3 takkies vars tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • halwe Franse brood in snye gesny

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in diep oondpan. Braai varkworsies tot mooi bruin. Voeg ui en knoffel by en braai tot ui sag is. Voeg tamaties, bone, aftreksel en tiemie by. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en verlaag hitte van stoofplaat. Laat prut sowat 30 minute. Pak brood bo-op en plaas in oond. Oondbraai tot brood bruin en bros is, sowat 10 minute.