• 6 vars vye
  • 50 g bokmelkkaas (chevin)
  • 100 g dennepitte, gerooster
  • 70 g prosciutto
  • varsgemaalde swartpeper

Sny vye aan bokant oop in ’n kruisvorm. Meng bokmelkkaas, dennepitte en swartpeper. Vul vye met kaasvulsel en bak 10 minute in voorverhitte oond van 180 ºC. Draai vye toe in prosciutto en sit voor met geroosterde ciabatta en roket.

Probeer ook hierdie maklike resepte met vye:

• Maak ’n slaai met vars vye, parmaham, gevlokte amandels, fetakaas en crème fraîche.

• Puree vye met vanielje, suiker en bietjie water. Kook tot verdik en bedien met roomys.

• Sit dun skywe vars vy op bruschetta met ricotta en vargemaalde swartpeper.

• Rooster gehalveerde vye met botter en heuning tot bruin, en sit voor met geklopte room of jogurt.