(sowat 8 - 10)

  • 200 g (360 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 15 ml suiker
  • 3 ml sout
  • 2 eiers
  • 125 ml melk
  • 500 ml sonneblomolie om in te braai

Sif meel, bakpoeier, suiker en sout saam in 'n mengbak. Klits eiers en melk saam. Voeg eiermengsel geleidelik by droë bestanddele en meng goed. Dis 'n skepdeeg. Verhit sonneblomolie in 'n diep pan. Doop 'n eetlepel in die olie en skep van die deeg. Die olie sal sorg dat die deeg maklik van die lepel afkom. Braai die vetkoeke tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.