bereityd: 5 – 10 minute

  • 500 g bevrore mango
  • 4 groot kruisementblare
  • 500 ml dik room

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker. Meng tot die mango en room glad is en roomys gevorm het. Jy kan dit nou dadelik voorsit of uitskep en in die vrieskas hou tot benodig.