4 porsies – 30 minute

  • 4 pita-brode
  • 300 g mozzarella-kaas, in snye gesny
  • 250 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 2 wiele fetakaas, in stukke gebreek
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 240 °C. Plaas pita-brode op ’n bakplaat. Bak vir sowat 10 minute. Haal uit en sit mozzarella-kaas bo-op elkeen. Rangskik tamaties bo-op en besprinkel met fetakaas en basiliekruid. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en geur met swartpeper. Bak tot die kaas gesmelt en bruin is.