(4 PORSIES)

  • 250 ml suurlemoensmeer
  • 1 bakkie (230 g) laevetroomkaas
  • 1 Madeirakoek
  • 250 ml room
  • 125 g frambose (raspberries)

  1. Meng die suurlemoensmeer en roomkaas goed saam.

Stap 1 Stap 1

2. Sny die koek in snye en halveer elke sny.

Stap 2 Stap 2

3. Gebruik lang glase en pak ’n laag koek onder in elke glas. Skep suurlemoensmeer bo-op, dan weer ’n laag koek en dan weer ’n laag suurlemoensmeer. Herhaal nog ’n keer.

Stap 3 Stap 3

4. Klits room styf en skep bo-op. Versier met frambose en sit dadelik voor.

Stap 4 Stap 4