(4 porsies – 8 pasteitjies)

Verhit oond tot 180 °C. Neem 2 velle (400 g elk) broskorsdeeg en druk 8 sirkels van 9 cm uit. Voer gesmeerde standaard-muffinpan uit met sirkels. Verdeel 8 snye ham en plaas ’n stuk op elke sirkel. Druk 8 varkworsies se inhoud op ham uit. Druk 8 sirkels van 7 cm uit die res van die deeg en plaas bo-op vulsel. Druk deegrande van pasteitjies toe. Smeer met 1 geklitste eier. Druk ’n klein gaatjie bo in elke pastei. Sit in oond en bak vir 35 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor saam met piccalilli, agurkies en piekeluitjies.