4 porsies

  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 1 vanieljepeul se sade
  • 4 eiergele
  • 30 ml suiker
  • knippie sout
  • 1 blikkie (115 g) grenadella-pulp
  • 10 ml versiersuiker, gesif

Gooi room en melk in ’n kastrol. Sny vanieljepeul oop en skraap sade uit met die agterkant van ’n teelepel. Voeg sade by melk. Verhit mengsel effens. Klits eiergele, suiker en sout saam. Voeg melkmengsel stadig daarby. Gooi terug in kastrol en verhit oor lae temperatuur terwyl jy gedurig roer. Jou vla is reg wanneer die agterkant van ’n metaallepel daardeur bedek word. Plaas die grenadella-pulp en gesifte versiersuiker saam in ’n kastrol. (Dis om die pulp te verdik sodat dit mooi bo-op die vla sal rus.) Bring tot kookpunt terwyl jy roer en prut tot pulp heelwat verdik het. Skep vla in bakkies en skep ’n teelepel pulp bo-op. Sit voor saam met biscotti (koop dit by die supermark).

Om te drink

Kanu se Kia Ora Noble Late Harvest