(8 - 10 muffins)

  • 180 ml warmwater
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 1 eier
  • 140 g (250 ml) ontpitte dadels, gekap
  • 200 g (375 ml) volkoringmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 100 g okkerneute, gekap
  • 45 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Meng water, bruinsuiker, koeksoda, sout en eier saam in 'n middelslag-mengbak. Voeg dadels, meel, bakpoeier, neute en botter by. Meng goed tot 'n gladde beslag. Spuit 12 holtes van 'n standaard-muffinpan met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen holtes. Plaas in warm oond en bak tot goudbruin en gaar, sowat 10 - 12 minute. Druk 'n skoon

toetspen in elke muffin om te toets of dit gaar is - as dit skoon uitkom, is die muffin gaar. Ek bak die mengsel in kolwyntjiepapierhouers, want dan is dit maklik om in te pak.