6 porsies

• 420 g (750 ml) bruinbroodmeel

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis

• 10 ml fyn sout

• 300 ml louwarm water

• 15 ml heuning

• 6 x 2 cm dik houtstokke van 50 cm lank

Plaas water, gis, sout en heuning in ’n middelslagmengbak. Roer tot opgelos. Voeg meel geleidelik by terwyl jy aanhou roer. Voeg genoeg meel by tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Knie vir 8 – 10 minute op meelbestrooide oppervlak tot gladde deeg. Plaas deeg in skoon mengbak wat met olie gesmeer is. Bedek bak met kleefplastiek. Laat deeg rys op warm plek tot dubbel in volume vir 40 – 50 minute. Kry solank jou kole reg (dit moet medium-warm wees). Verdeel deeg in 6 ewe groot balle en rol elk met jou vingerpunte uit op meelbestrooide oppervlak in ’n lang wors van sowat 30 cm lank. Doop houtstokke in koekmeel en draai deegwors om die punt van die stok. Druk eindpunt van

deeg stewig vas. Braai oor medium-warm kole terwyl jy dit heeltyd roteer. Braai vir sowat 10 – 15 minute of tot goudbruin rondom. Sit warm voor met basiliekruid-pesto.