• 150 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
  • 240 g (750 ml) hawermout
  • 100 g (110 ml) botter, in blokkies gesny
  • 65 g (80 ml) bruinsuiker
  • 60 ml heuning
  • 60 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Meng volkoringmeel en hawermout in ’n mengbak. Vryf botter met vingerpunte in die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg suiker by en meng deur. Plaas heuning en melk in ’n kastrol en verhit effens. Voeg by meelmengsel en meng tot deeg vorm. Knie deeg goed saam. Rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk sirkels uit met koekiedrukker. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Prik beskuitjies met ’n vurk en plaas in oond. Bak 10 minute. Haal uit en laat afkoel op afkoelrak.