• 700 g (1 250 ml) volkoringmeel

• 30 g (250 ml) spysverteringsemels

• 10 ml heuning

• 10 ml bruinsuiker

• 5 ml koeksoda

• 3 ml sout

• 500 ml karringmelk

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele behalwe die karringmelk in ’n mengbak. Voeg karringmelk by en meng baie goed. Sit deeg in ’n gesmeerde broodpan van 18 x 8 cm. Plaas in warm oond en bak 1 – 1½ uur. Toets met ’n toetspen om seker te maak die brood is gaar. Keer uit op afkoelrak.