4 x 10 cm-tertjies

• 1 vel (500 g) blaardeeg

• 2 x 200 g elk rolletjies sagte bokmelkkaas (chevin)

• 4 vars vye

• 2 eiers

• 125 ml room

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1. Verhit oond tot 180 °C. Spuit vier 10 cmlosboom- quiche-pannetjies met kleefwerende sproei. Verdeel blaardeeg in vier dele en voer pannetjies uit met deeg. Sny oortollige deeg om die rande af.

Stap 1 Stap 1

2. Sny bokmelkkaas in skywe en pak in pannetjies

Stap 2 Stap 2

3. Sny vye in kruisvorm oop en plaas in middel van pannetjies bo-op kaas.

Stap 3 Stap 3

4. Klits eiers en room saam en geur met sout en peper. Sit pannetjies op ’n bakplaat en skep eiermengsel oor. Plaas in warm oond en bak 35 – 40 minute. Haal uit en laat effens afkoel. Haal tertjies uit pannetjies en plaas van die appelringe bo-op.

Stap 4 Stap 4

Om te weet

• As jy met blaardeeg werk, moet jou deeg altyd koud wees. As die deeg pap en warm

is, sal dit nie mooi rys nie.

• jy kan die room met melk vervang, maar voeg dan 1 eiergeel by.

• Die tertjies kan ook by kamertemperatuur voorgesit word.

• As jy nie van die bokmelkkaas hou nie, vervang dit met ricottakaas.