• 200 g goeiegehaltewitsjokolade
  • 50 g kasjoeneute (ongesout)
  • 50 g gedroogde bosbessies

Sit sjokolade in ’n glasbak wat oor ’n kastrol sal pas. Gooi water in die kastrol en bring tot kookpunt. Haal van hitte af en plaas bak met sjokolade oor kastrol. Roer so elke nou en dan tot gesmelt. Smeer sjokolade op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Sprinkel neute en bosbessies bo-op. Laat hard word en breek in stukke.