(6 porsies)

  • 150 g witsjokolade
  • 70 ml room
  • 225 ml room
  • 2 gelatien-velletjies
  • 100 g rooi bessies
  • 100 g suiker
  • 250 ml water
  • 1 granaat se pitte om te versier
  • vars kruisementblare om te versier

Smelt die witsjokolade in die mikrogolfoond op medium hitte vir sowat 3 tot 4 minute. Bring intussen die 70 ml room tot kookpunt in ’n kastrol en klop die 225 ml room effe styf. Laat die gelatien-velletjies in yskoue water sag word. Sodra die sjokolade gesmelt is, voeg die kokende 70 ml room by en roer deur. Voeg die sagte gelatien by en roer weer deur. Laat afkoel. Sodra die sjokolade-mengsel tot kamertemperatuur afgekoel het, roer dit by die geklitste room. Wees versigtig om dit nie te veel te klop nie, want dit kan skif. Giet hierdie mengsel in mooi vormpies. Plaas in die yskas tot gestol. Kook die bessies, suiker en water vir 10 minute en syg dan deur ’n fyn siffie. Laat afkoel. Gooi ’n bietjie afgekoelde stroop in die middel van elke bord en keer die mousse boop uit. Versier met granaatpitte en vars kruisement.