6 porsies

  • 3 velle gelatien
  • 1 vanieljepeul se sade
  • 300 ml witwyn – ek het ’n chenin blanc gebruik
  • 150 ml water
  • 110 g (130 ml) strooisuiker
  • 20 druiwekorrels, gehalveer versuikerde druiwe
  • druiwekorrels
  • 1 eierwit, effens geklits
  • strooisuiker

Week gelatien vir 5 minute in koue water. Skraap sade uit vanieljepeul. Plaas wyn, water, suiker en vanieljesade in ’n kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet opgelos wees voordat dit begin kook. Verwyder van hitte sodra eerste borrels verskyn. Druk oortollige water uit gelatien en voeg gelatien by warm vloeistof. Roer tot heeltemal gesmelt. Verdeel druiwe tussen glase en gooi mengsel oor. Laat stol minstens oornag in yskas. Gebruik klein kwassie en verf korrels met eierwit. Sprinkel strooisuiker oor elkeen en plaas op bakplaat uitgevoer met bakpapier. Laat droog word. Versier elke glas met korrels en sit voor met room.

Wenk

Moenie die versuikerde druiwe-korrels in die yskas sit nie - die suiker sal smelt.

Om te drink

Obikwa Chenin Blanc