(4 porsies)

•    1 kg klein aartappels

•    sout

•    1 sappige lemoen

•    5 ml mediumsterk mosterd

•    60 ml wit balsemasyn of witwynasyn

•    100 ml olyfolie

•    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

•    100 g seldery (blare en al)

•    300 g kersietamaties, gehalveer

•    20 g suiker

•    100 g swart olywe met pitte (bv. kalamata-tipe)

•    45 g kappertjiesaad, gedreineer

•    1 handvol roket

Kook die aartappels in die skil in soutwater. Laat effens afkoel, skil af en halveer. Rasper die geel lemoenskil fyn. Druk 100 ml lemoensap uit. Meng die sap, skil, mosterd, asyn en 80 ml olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Verhit die mengsel, bring tot kookpunt en meng die aartappelhelftes daarby in. Sit die stoofplaat af en laat staan vir 30 minute. Sny die seldery fyn op en snipper die selderyblare. Verhit die suiker in ’n  groot pan tot goudbruin. Voeg die orige olyfolie by en braai die tamatiehelftes hierin vir 1 – 2 minute (weerskante, gesnyde kante eerste). Geur met sout en swartpeper. Meng die aartappels versigtig met die tamaties, seldery (en-blare), olywe, kappertjiesaad en roket.