Dis so goed soos 'n hele maaltyd.

(4 porsies)

  • 500 g maer beesstert
  • 30 ml koekmeel
  • 30 ml olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2 groot wortels, in klein blokkies gesny
  • 1 selderystingel, in skyfies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 groot rosa-tamaties, in blokke gesny
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 500 ml kookwater
  • 2 lourierblare
  • 3 takkies vars tiemie
  • 30 ml tamatiepasta
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Rol beesstert in meel. Skud oortollige meel af. Verhit olie in groot kastrol. Braai vleis tot bruin. Haal uit kastrol en hou eenkant. Voeg ui, wortels, seldery en knoffel in dieselfde kastrol. Braai tot sag. Sit vleis terug in kastrol en voeg tamaties, aftreksel, water, lourierblare, tiemie en tamatiepasta by. Meng goed en geur. Bring tot kookpunt en sit deksel op. Verlaag hitte en prut 4 – 5 uur.

Wenk

Beesstert is ’n baie vetterige stuk vleis. Om van die vet ontslae te raak berei jy die sop die vorige dag. Laat afkoel en los oornag in die yskas. Die vet sal bo-op hard word. Skep dit met ’n lepel af en verhit weer die sop.