4 – 6 Porsies

Verhit oond tot 220 °C. Plaas 700 g botterskorsie-blokkies op bakplaat en sprinkel 45 ml olyfolie en 15 ml kaneel oor. Bedek met foelie en oondbraai 15 – 20 minute of tot sag in warm oond. Verhit 45 ml botter in skoon pot en voeg 1 gekapte ui2 gekapte knoffelhuisies en 10 ml gemmerpoeier by. Braai 2 minute liggies. Voeg gaar botterskorsie by saam met 500 ml hoenderaftreksel. Bring tot kookpunt en laat 5 minute vinnig kook. Verwyder van hitte en verwerk tot glad in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.