(4 porsies) 25 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 250 ml groente-aftreksel
  • 1 blik (400 g) cannelini-bone, gedreineer en afgespoel
  • 100 g vars groenbone, in sowat 2 cm-stukke gesny
  • 1 blik (400 g) rooibone, gedreineer en afgespoel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die gekapte ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties en aftreksel by en laat kook vir sowat 10 minute. Voeg al die bone by en geur met sout en swartpeper. Kook vir nog 10 minute. Sit voor saam met ’n lekker gesonde saadbrood.