6 – 8 Porsies

Verhit 15 ml olyfolie in ’n groot kastrol. Braai 1 gekapte ui, 2 gekapte knoffelhuisies2 groot wortels, in ringe gesny, 1 gekapte stingel seldery enpreie, in ringe gesny, tot sag en deurskynend. Voeg 1 x 400 g blik kersietamaties, 1 liter hoenderaftreksel, 2 lourierblare en 3 takkies vars tiemie by en geur met sout en peper. Voeg 1 heel gaar hoender by. Maak toe met deksel en bring tot kookpunt. Verlaag temperatuur en laat prut 20 minute. Haal hoender uit en verwyder bene en vel. Breek vleis in groot stukke en voeg weer by sop. Voeg 1 x 400 g-blik botterbone by. Laat prut nog sowat 10 minute en sit warm voor