GENOEG VIR 4

• 1 groot heel hoender

• 40 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 1 selderystingel, in blokkies gesny

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 750 ml hoenderaftreksel

• 750 ml kookwater

• 2 takkies vars pietersielie

• 5 vars takkies tiemie

• 2 lourierblare

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 250 g winkel-ravioli, gevul met hoender en chorizowors

• 100 g parmesaankaas, fyngerasper

• 30 ml fyngekapte pietersielie

Sny hoender in stukke. Verhit olyfolie in ’n diep kastrol en braai hoender tot bruin. Voeg ui, seldery en knoffel by. Braai tot sag en deurskynend. Voeg aftreksel, kookwater, pietersielie, tiemie en lourierblare by. Geur met sout en peper. Maak kastrol toe met deksel en bring tot kookpunt. Laat prut 1 uur. Plaas ’n sif bo-op ’n groot bak. Gooi sop deur sif. Haal hoender uit sif en hou eenkant. Gooi alles weg wat in sif agterbly. Verwyder vel van hoenderstukke. Breek vleis van bene af en breek in groterige stukke. Gooi hoendervleis terug by sop in mengbak. Gooi sop terug in kastrol en bring weer tot kookpunt. Laat prut 30 minute. Voeg ravioli by sop en maak kastrol toe met deksel. Laat prut tot ravioli sag is. Sprinkel helfte van parmesaankaas en al die pietersielie oor. Sit warm voor met res van parmesaankaas.