(6 porsies)

  • 800 g murgpampoentjies, in groot stukke gesny
  • 15 ml hoender-aftreksel-poeier
  • 100 ml water
  • 200 ml melk
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die murgpampoentjies, aftreksel-poeier en water in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Haal van die hitte af. Laat afkoel tot kamertemperatuur voor jy dit in ’n versapper gooi. Versap tot glad. Gooi in ’n mengbak en voeg die melk en room by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Gooi die sop in ’n fles of bottel wat goed seël en sit dit in die yskas sodat dit yskoud kan word.