Ek maak graag boontjiesop met lamskenkels, maar die deesdae nogal duur. Bredievleis werk net so lekker.

(6 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 kg lamsbredievleis (stewing meat)
  • 1 groot wortel, in klein blokkies gesny
  • 1 selderystingel, in skyfies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 blikke (400 g elk) borlottibone, gedreineer
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 1 lourierblaar
  • 1500 ml beesvleisaftreksel
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • sout en varsgemaalde swartpepe

Verhit olyfolie in groot kastrol. Braai vleis tot bruin. Voeg wortel, seldery, knoffel en ui by. Braai tot groente sag is. Voeg bone, tamaties, lourierblaar, aftreksel en kruie by. Geur met sout en peper. Maak kastrol toe met deksel en prut minstens 6 uur. Roer elke nou en dan. Sit voor met gremolata.

Wenk

As die sop te dik is na jou smaak, kan jy nog water byvoeg. is dit te loperig, kan jy dit ’n ruk lank sonder deksel laat prut.