Genoeg vir 6

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 prei, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn komyn
  • 2 ml fyn neut
  • 1 kg pampoen, in blokke gesny
  • 1 aartappel, geskil en in blokke gesny
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml room

1 Verhit olyfolie in groot kastrol. Gooi ui, prei en knoffel in en braai tot sag. Die ui moenie bruin braai nie.

2 Voeg koljander, komyn en neut by. Braai sowat 1 minuut.

3 Voeg pampoen, aartappel en aftreksel by. Bring tot kookpunt. Verlaag hitte en maak kastrol toe met deksel. Laat prut sowat 30 minute tot pampoen en aartappel sag is.

4 Haal af van hitte en laat effens afkoel. Verpulp met ’n staafmenger (stick blender) of versapper. Geur met sout en peper en voeg room by. Verhit tot net voor kookpunt en sit warm voor.