Genoeg vir 6

• 20 ml kerriepoeier

• 60 ml olyfolie

• 2 uie, fyngekap

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 appel, geskil en gerasper

• stuk vars gemmer so groot soos duimnael, fyngerasper

• 800 g (sowat 5) patats, geskil en in blokkies gesny

• 1 x 400 g-blik rooi lensies, gedreineer

• 1 200 ml groente-aftreksel

• 300 ml melk

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 crottin-bokmelkkase, gehalveer

Verhit kastrol oor matige hitte. Droogbraai kerrie so 20 sekondes in warm pot. Voeg olyfolie by en verhit tot spesery braai. Voeg uie en knoffel by en braai 1 minuut. Voeg appel en gemmer by en braai nog 2 minute. Voeg patats, lensies, aftreksel en melk by. Geur goed met sout en peper. Kook 25 – 30 minute of tot patats sag en gaar is. Maak fyn in voedselverwerker. As sop te dik is, voeg nog melk by. Skep in opdienbak en sit voor met bokmelkkaas.