(4 porsies)

  • 500 ml water
  • 20 ml hoender-aftrekselpoeier
  • 2 pakke van 500 g patatblokkies
  • 300 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 ml borrie
  • knippie neutmuskaat
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 6 sprietuie, gekap

Bring die water saam met die hoender-aftrekselpoeier tot kookpunt. Voeg die patatblokkies by en kook tot sag. Maak die mengsel fyn in ’n versapper of voedselverwerker. Dit sal net soos babakos lyk. Gooi dit in ’n groot kastrol en voeg die melk, room en borrie by. Geur met neutmuskaat, sout en peper. Verhit die sop nét tot kookpunt en sit voor met die sprietuie bo-oor gesprinkel.

Om te drink

’n Vrugtige chenin blanc sal die soet geure van die sop beklemtoon. Stel gerus L’Avenir Chenin Blanc se tropiese vrugtegeure op die proef. Hoewel dit as ’n droë wyn geklassifiseer word, het dit heerlike soet nuanses wat lekker sal pas by die patat.