v

genoeg vir 6

  • 45 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml fyn gemmer
  • 200 g spinasie
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 100 g gruyère-kaas, fyngerasper
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 snye witbrood
  • kruiebotter van jou keuse

Verhit botter en olyfolie tot warm in middelslagpot. Voeg ui, knoffel en gemmer by. Verlaag hitte en braai stadig tot mengsel geurig en uie deurskynend is, sowat 5 minute. Voeg spinasie en aftreksel by en verhoog hitte tot kookpunt. Laat kook tot aftreksel met helfte verminder het. Voeg kaas en room by en kook weer tot room met helfte verminder het. Geur goed met sout en peper. Puree met staafmenger (stick blender) tot gladde mengsel. Smeer witbrood met kruiebotter en rooster in warm broodrooster of pan tot goudbruin en bros. Sit voor met warm sop.