30 minute – 4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 selderystok, fyngekap
  • 2 ml droë origanum
  • 750 ml groente-aftreksel
  • 2 x 400 g geblikte tamaties
  • 15 ml tamatiepuree
  • 2,5 ml suiker
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en seldery vir sowat 5 minute tot sag. Voeg die origanum, groente-aftreksel, geblikte tamaties, tamatiepuree en suiker by. Laat prut vir 15 minute tot effens verdik. Maak die sop fyn in jou voedselverwerker of versapper. Gooi terug in die kastrol en voeg die room by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit weer en sit voor saam met roosterbrood of broodrolletjies.