4 porsies

Sny 1 fles (285 g) artisjokke in stukke. Halveer 200 g klein rosa-tamaties. Halveer ’n ½ komkommer en skep pitte uit. Rasper komkommer en meng met artisjokke en tamaties. Kook 500 g linguini volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng tamatiekomkommer-mengsel deur pasta en roer 100 g gerasperde pecorino-kaas deur.