(genoeg vir 8)

  • 1 liter Bulgaarse jogurt
  • 10 ml sout
  • swartpeper na smaak
  • 3 takkies tiemie, fyngekap
  • 400 g aspersies
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 40 g wilde roket
  • 125 g gekoopte basiliepesto

Meng jogurt, sout, swartpeper en tiemie. Plaas ’n stuk melkdoek in ’n mengbak en laat doek oor rand van bak hang. Gooi jogurt in doek. Bring doek se punte bymekaar, draai in ’n stywe bal en bind stewig vas met kombuistou. Laat hang in yskas bo die mengbak vir 2 dae sodat wei kan afdrup. Bring pot met water tot kookpunt en gooi aspersies daarin. Laat kook vir 3 minute en dreineer.

Verhit olyfolie en botter tot warm in groot braaipan. Voeg aspersies by en braai vinnig vir 1 minuut. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas jogurtkaas in opdienbak en smeer effens plat met lepel se agterkant. Plaas roket bo-op gevolg deur gebraaide aspersies. Skep basiliepesto oor en sit voor.

OM TE DRINK

Fleur du Cap Un?ltered Sauvignon Blanc  2011 (R110)