4 Porsies

Dompel 340 g vars aspersies in kookwater vir so 3 minute. Dreineer en spoel af met koue water. Smelt 15 ml botter in pan en braai 200 g mange tout-ertjies vir sowat 5 minute. Kook 4 eiers vir 5 minute. Verdeel aspersies en ertjies tussen 4 bakkies en plaas gesnyde eiers bo-op. Geur met sout en peper. Rasper 50 g pecorino-kaas en sprinkel bo-op. Gooi klein bietjie olyfolie oor.