(4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 250 g sampioene, in skywe gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 blik rooibone, gedreineer en afgespoel
  • 1 blik botterbone, gedreineer en afgespoel
  • 1 blik kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • handvol vars basiliekruid, grofgebreek
  • laevet Bulgaarse jogurt, om voor te sit

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en sampioene by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die tamaties, bone en kekerertjies by, meng goed en geur met sout en swartpeper. Kook vir 10 - 15 minute. Roer die basiliekruidblare deur en sit voor saam met die jogurt.

Wenk

Dreineer geblikte peulgroente só: Gooi in ’n sif en laat al die vloeistof uitloop. Spoel af onder koue water.