(4-6 porsies)

  • 2 groot sprietuie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g portabellini-sampioene, in helfte gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 250 g arborio-rys
  • sowat 1 liter groente-aftreksel
  • 1 blik (400 g) rooi bone, gedreineer
  • 1 blik (400 g) barlotti-bone, gedreineer
  • 1 blik (400 g) keker-ertjies, gedreineer
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • alfalfa-spruite (opsioneel)

Braai die sprietuie, knoffel en sampioene in die olyfolie tot sag in 'n groot, diep pan. Gooi die rys in dieselfde pan en soteer liggies vir sowat 30 sekondes tot deurskynend. Skep lepel vir lepel van die groente-aftreksel by en roer deurentyd. Die rys verdubbel ná 20 - 30 minute. Voeg die bone en tamaties by. Geur met sout en swartpeper. Sit die risotto voor met die alfalfa-spruite bo-op.