genoeg vir 4

Sny 1 baguette in 8 skywe en smeer aan weerskante met botter. Rooster in warm pan tot bros. Blansjeer 180 g baba-spinasie en geur met sout en peper. Posjeer 8 eiers (sien stap vir stap onder). Sit spinasie op brood, plaas eier bo-op en gooi 200 ml hollandaise sous bo-oor.

Geposjeerde Eier

Stap 1. Gebruik vars eiers by kamertemperatuur.

Stap 1 

Stap 2. Voer ’n ramekin uit met ’n stuk kleefwerende plastiek. Breek die eier in die plastiek

Stap 2 

Stap 3. Vou eier in plastiek toe en terwyl jy plastiek vashou, posjeer 2 – 3  minute in kokende water om ’n sagte eier te kry.

Vou eier in plastiek toe. Stap 3