Interessante oop broodjies

Geroosterde panini's maak smullekker happies. Wees net vindingryk met wat jy bo-op sit. Rooster panini-broodjies só Verhit rooster-element van die oond. Halveer panini-brode in lengte en sit op bakplaat. Sprinkel bietjie olyfolie oor en sit in oond. Rooster tot bruin. Jy kan die broodjies ook in 'n riffelpan braai - sprinkel dan net ná die tyd bietjie olyfolie oor.

(vir 2 panini's)

  • 40 - 60 ml olyfolie
  • 1 eiervrug, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 panini-brood, gerooster soos beskryf
  • sowat 6 stukkies gemarineerde artisjok
  • sowat 30 ml Bulgaarse jogurt

Verhit van die olyfolie in 'n pan. Braai eiervrug-skywe (nie alles op een slag) tot sag. Dreineer op kombuispapier. Indien nodig kan jy nog olyfolie byvoeg, want eiervrug absorbeer baie olie. Geur met sout en peper. Rangskik eiervrug op elke broodjie en sit artisjok bo-op. Skep jogurt bo-op.