(4 porsies)

Meng 250 g roomkaas, 100 g grofgekapte ontpitte swart olywe, 100 g gekapte songedroogde tamaties en 2 gekapte sprietuie. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook 500 g fusilli-pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng alles goed. Sny 2 sprietuie in skywe. Sprinkel bo-op pastagereg en sit dadelik voor.