(4 - 6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 3 tamaties
  • 600 g preie (leeks), gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5ml suiker
  • 200 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml gekapte pietersielie

Verhit olyfolie in 'n kastrol. Braai ui tot sag en deurskynend. Laat tamaties 5minute in kookwater lê. Trek velle af en kap grof op. Voeg tamaties en preie by gebraaide ui. Braai vir sowat
5minute. Voeg knoffel, suiker en wyn by. Maak kastrol toe met deksel en laat prut vir 45 minute. Geur met sout en peper. Laat afkoel en marineer verder in yskas. Die gereg is lekker teen
kamertemperatuur. Sprinkel pietersielie oor net voor opdiening.