(12 porsies)
Verhit oond tot 180 °C. Kook 12 babaaartappeltjies met skil en al tot gaar, of gebruik oorskiet-aartappeltjies van jou braai. Sny 'n holte uit elkeen en trek skil van afgesnyde gedeelte af. Druk afgesnyde stukkies fyn en meng met 50 g gerasperde cheddarkaas. Kap 4 sprietuie fyn en voeg by. Meng 15 ml botter by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep vulsel in aartappels terug en rasper so 25 g cheddarkaas. Sprinkel dit bo-op. Bak vir sowat 20 minute. Sit warm voor.