(20 minute - 4 porsies)

  • 15 ml botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 125 g babasampioene
  • 160 g vars of bevrore ertjies
  • 250 ml room
  • 500 g gnocchi
  • 90 g bloukaas
  • klein bietjie sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit water vir die gnocchi in ’n groot kastrol. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en sampioene vir ’n minuut. Voeg die ertjies en room by en laat kook vir 8 tot 10 minute. Wanneer die water vir die gnocchi begin kook, volg jy die aanwysings op die pak. Gnocchi neem gewoonlik sowat 3 minute om gaar  te word. Dreineer die gnocchi. Voeg nou die bloukaas by die sous en geur met min sout en peper. Meng die sous met die gnocchi en sit dadelik voor.