(genoeg vir 4)

  • 160 g bevrore ertjies
  • 370 g feta-kaas, gekrummel
  • 125 g roomkaas
  • 40 g vars roket
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g gnocchi

Bring ’n klein kastrol met water tot kookpunt. Gooi ertjies in en laat prut tot sag. Dreineer en gooi in bak. Voeg feta, roomkaas en vars roket by. Geur met sout en peper. Kook gnocchi volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous met gnocchi en sit dadelik voor.

Om te weet

Gnocchi is ’n aartappelkluitjie van Italiaanse oorsprong. Jy kan dit self maak, maar dis nogal baie moeite. Die supermark-weergawe is lekker en spaar jou tyd.