(4 porsies)

Sit 15 ml heuning in elk van vier ontbytbakkies. Kap 100 g kasjoe-broslekker in growwe stukke en meng met 500 g granola. Skep kasjoegranola op die heuning. Meng 500 g Griekse jogurt met 230 g grenadella-pulp. Skep die grenadella-jogurt op die granola en sit voor.