(4 - 6 porsies)

  • 80 g (250 ml) hawermout
  • 250 ml water
  • 250 ml laevetmelk
  • sout
  • 1 x 100 g-sakkie pekanneute, grofgekap
  • 45 ml margarien
  • 100 ml heuning
  • 45 ml water
  • 6 baba-pere

Meng hawermout, 250 ml water en melk in 'n middelslag-pot. Voeg sout by en meng goed. Verhit en bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut terwyl jy elke 2 minute roer. Hou aan kook tot hawermout gaar is, sowat 8 - 10 minute. Verwyder van hitte en roer neute by. Plaas botter, heuning en water in mediumgroot braaipan en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en plaas pere gesnyde kant na onder in stroop. Laat stadig prut tot pere goudbruin is en taai heuningstroop vorm, sowat 10 minute. Oppas dat hitte nie te hoog is nie, want die pere kan brand. Skep gaar hawermout in bakkies en skep gebraaide pere bo-op. Gooi heuningstroop oor en sit voor.